Voorbereiding vir die Huwelik
Liefde is ’n goeie begin, maar ’n sterk huwelik vra meer. Daarom wil ons julle graag help om ’n sterk fondasie te bou vir ’n huwelik wat hou. Met Twee tot EEN Voorhuwelikse Verreiking konnekt ons julle met ’n ervare mentorpaar wat saam met julle die pad stap. Hulle deel uit hulle eie ervaring, luister na julle storie en help julle om doelbewus voor te berei vir die huwelik.
Tydens die sessies gesels julle oor praktiese gewoontes en belangrike boustene van ’n gesonde huwelik — van kommunikasie en konflik tot verwagtinge, intimiteit, finansies en julle lewe saam.
Ons doel is nie net om julle te help om voor te berei vir julle troudag nie, maar om julle voor te berei vir ’n leeftyd saam.
Van TWEE na EEN.
