TUIS|ICN Netwerk

ICN Netwerk

Irresistible Church Netwerk

Agapé Gemeente is deel van die Irresistible Church Network (ICN)—’n internasionale netwerk van kerke wat saamwerk om mense wat ver van God af is te bereik en hulle te inspireer om Jesus te volg.ICN glo dat daar in elke gemeenskap mense is wat ver van God af is, en daarom behoort daar ook in elke gemeenskap ’n kerk te wees waar mense kan behoort voordat hulle glo; ’n kerk waar hulle die regte, onweerstaanbare Jesus kan ontmoet en kan ontdek dat God VIR hulle en VIR hulle gemeenskap is.

By Agapé glo ons dat ons beter en sterker is wanneer ons saam met ‘like-minded’ kerke en leiers werk wat dieselfde hart deel. Deur idees, ervaring, hulpbronne en wysheid met mekaar te deel, kan ons leer, groei en mekaar help om meer effektief te wees in ons missie.

Want uiteindelik glo ons: SAAM kan ons baie meer mense bereik as wat enige gemeente op sy eie kan.ICN is ’n netwerk van onweerstaanbare kerke wat mekaar help om nie-kerkmense te inspireer om Jesus te volg.