Ons Visie
Ons glo dat mense wat glad nie soos Jesus was nie, het van Hom gehou en Hy van hulle. Hulle het Hom onweerstaanbaar gevind. Gevolglik glo ons dat elke gemeenskap ten minste een so kerk moet hê.Alhoewel baie kerke ‘n soortgelyke missie het, is dit ons visie, wat gegrond is op Handelinge 15:19, wat ons onderskei.
“Daarom oordeel ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die gelowiges wat hulle uit die geledere van die nie-Jode tot God bekeer het nie.” Hand. 15:19 NLV
Die leierskap van Agapé Gemeente is daarvan oortuig dat Rustenburg nie net nóg ‘n kerk nodig het nie, maar ‘n ander soort kerk – ‘n kerk waar mense wat nie gewoonlik kerk toe gaan nie, graag wil wees. ‘n Kerk wat passievol is om hulle te bereik wat nog nie deel is nie.
Daarom is ons visie om geleenthede en omgewings te skep wat mense wat nie kerk toe gaan nie (of selfs nog nie volgelinge van Jesus is nie) graag wil bywoon of van wil deelwees. Dit beteken egter nie ons is ‘n kerk nét vir mense wat nie kerk toe gaan nie, want ons het net soveel mense wat Jesus al vir ‘n baie lang tydperk volg. Gevolglik glo ons dat ‘n gemeente terselfdertyd ‘n plek kan wees waar toegewyde Christene geestelik groei en verdiep én waar mense wat nog ver van God af is, welkom voel en die geleentheid kry om Jesus te ontmoet.
Jesus het iets onweerstaanbaar losgelaat wat ons opnuut wil herontdek. Ons skep dus nie n kerk vir nie-kerkmense nie, maar n passie het vir buitestaanders en dié wat ver van God af is.
Jesus het iets onweerstaanbaar losgelaat wat ons opnuut wil herontdek. Ons skep dus nie n soeker senstiewe kerk of selfs n kerk vir nie-kerkmense nie, maar n kerk wat n passie het vir buitestaanders en dié wat ver van God af is.
