wie is ons
Wat glo ons?
Ons wil 'n kerk wees waarheen jy JOU nie-kerken nie-Christelike familie, vriende en kollegas kan nooi met volle vrymoedigheid.
Ons missie en visie
Ons Missie
Gebaseer op Matteus 28:19:
“Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.”
“Om mense te inspireer om Ware Noord vir hulle lewens te ontdek en uit te leef.”
Ons missie is om mense te help om Jesus te leer ken, Hom te volg en hulle geloof prakties uit te leef — in hulle huise, verhoudings, werkplekke en gemeenskap.
Ons wil nie net mense inspireer om kerk toe te kom nie; ons wil hulle toerus om Jesus elke dag te volg en ander saam met hulle op dié reis te neem.
Ons Visie
Ons glo dat mense wat glad nie soos Jesus was nie, het van Hom gehou en Hy van hulle. Hulle het Hom onweerstaanbaar gevind. Gevolglik glo ons dat elke gemeenskap ten minste een so kerk moet hê.
Alhoewel baie kerke ‘n soortgelyke missie het, is dit ons visie, wat gegrond is op Handelinge 15:19, wat ons onderskei.
“Daarom oordeel ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die gelowiges wat hulle uit die geledere van die nie-Jode tot God bekeer het nie.” Hand. 15:19 NLV
Die leierskap van Agapé Gemeente is daarvan oortuig dat Rustenburg nie net nóg ‘n kerk nodig het nie, maar ‘n ander soort kerk – ‘n kerk waar mense wat nie gewoonlik kerk toe gaan nie, graag wil wees. ‘n Kerk wat passievol is om hulle te bereik wat nog nie deel is nie.
Daarom is ons visie om geleenthede en omgewings te skep wat mense wat nie kerk toe gaan nie (of selfs nog nie volgelinge van Jesus is nie) graag wil bywoon of van wil deelwees. Dit beteken egter nie ons is ‘n kerk nét vir mense wat nie kerk toe gaan nie, want ons het net soveel mense wat Jesus al vir ‘n baie lang tydperk volg. Gevolglik glo ons dat ‘n gemeente terselfdertyd ‘n plek kan wees waar toegewyde Christene geestelik groei en verdiep én waar mense wat nog ver van God af is, welkom voel en die geleentheid kry om Jesus te ontmoet.
Jesus het iets onweerstaanbaar losgelaat wat ons opnuut wil herontdek. Ons skep dus nie n kerk vir nie-kerkmense nie, maar n passie het vir buitestaanders en dié wat ver van God af is.
Jesus het iets onweerstaanbaar losgelaat wat ons opnuut wil herontdek. Ons skep dus nie n soeker senstiewe kerk of selfs n kerk vir nie-kerkmense nie, maar n kerk wat n passie het vir buitestaanders en dié wat ver van God af is.
Ons Strategie
Bou vertroue in ons gemeenskap deur seker te maak mense weet ons is hier, bly is ons is hier, en beter daaraan toe is omdat ons hier is.
Inspireer ons gehore deur ervarings te skep wat mense laat sê: “Ek is so bly ek het gekom, en ek kan nie wag om weer terug te kom nie.”
Rus ons kernspan toe deur jonk en oud te identifiseer en toe te rus om leiding te neem, te gee en ander uit te nooi.
Die DNA van 'n
Onweerstaanbare kerk
‘n Onweerstaanbare kerk is ‘n kerk waar Jesus SENTRAAL staan en wat UITWAARTS gefokus is.
Uitwaarts-gefokus
Ons is daartoe verbind om alle onnodige struikelblokke te verwyder vir mense wat besig is om na Jesus toe te draai.
Strategies georganiseer
Ons belyn ons personeel en volunteers rondom ons missie en visie met duidelike volgende bedienings-stappe.
Toegewyd aan gesonde leierskap
Ons is leiers wat die moeite werd is om te volg – emosioneel volwasse, geestelik gegrond en betroubaar.
Die prioritisering van die volgende generasie (NextGen)
Ons glo die geloof van die volgende generasie is alles werd, en ons personeel en begroting weerspieël dit.
Toegewyd aan intensionele verhoudings
Ons streef na outentieke community wat ‘n groeiende geloof inspireer.
Die skep onweerstaanbare omgewings
Ons skep spasies, omgewings en ervarings wat mense intrek en laat terugkom.
Vir ons gemeenskap
Ons wil hê ons gemeenskap moet bly wees dat ons hier is, en beter af is omdat ons hier is.
Ons Span
Ontmoet die Span
Ons geloofsartikels:
Agapé Gemeente is deel van die Kerk van die Nasarener, ’n wêreldwye Christelike kerk binne die Wesleyaanse heiligheidstradisie. Ons geloof is gegrond in die Bybel en word saamgevat in die volgende geloofsartikels:
1. Die Drie-enige God
Ons glo in een God wat ewig bestaan en Homself openbaar as Vader, Seun en Heilige Gees. Hy is die Skepper en Onderhouer van alles en is volkome heilig, liefdevol en goed.
2. Jesus Christus
Ons glo dat Jesus Christus volkome God en volkome mens is. Hy het mens geword, is uit die maagd Maria gebore, het vir ons sondes gesterf, liggaamlik uit die dood opgestaan en is na die hemel opgevaar. Hy leef vandag en tree vir ons in.
3. Die Heilige Gees
Ons glo in die Heilige Gees, wat in die wêreld werk en mense bewus maak van hulle behoefte aan God. Hy bring nuwe lewe, woon in gelowiges en bemagtig ons om ’n lewe te leef wat Christus weerspieël.
4. Die Heilige Skrif
Ons glo dat die Ou en Nuwe Testament deur God geïnspireer is en alles bevat wat nodig is vir geloof, verlossing en ’n Christelike lewe. Die Bybel is ons gesaghebbende riglyn vir geloof en lewe.
5. Sonde
Ons glo dat sonde die mens se verhouding met God gebreek het. Die mensdom het ’n gevalle natuur en ’n natuurlike geneigdheid tot sonde. Persoonlike sonde is ’n doelbewuste daad van ongehoorsaamheid teenoor God.
6. Versoening
Ons glo dat Jesus Christus deur Sy lewe, dood en opstanding versoening vir die hele mensdom moontlik gemaak het. Verlossing word vrylik aangebied aan elke persoon wat hulle vertroue in Jesus plaas.
7. Voorafgaande Genade
Ons glo dat God se genade reeds aan die werk is voordat ons Hom kies. Deur Sy genade stel God elke mens in staat om op Sy uitnodiging tot verlossing te reageer.
8. Bekering
Ons glo dat bekering beteken dat ons ons sonde erken, daarvan wegdraai en ons na God toe draai. Ware bekering sluit ’n opregte begeerte in om anders te leef en Jesus te volg.
9. Regverdigmaking, Wedergeboorte en kind van God
Ons glo dat wanneer iemand hulle geloof in Jesus Christus plaas, God hulle vergewe en regverdig verklaar. Deur die Heilige Gees ontvang hulle nuwe geestelike lewe en word hulle as ’n kind van God aangeneem.
10. Christelike Heiligheid en Volkome Heiligmaking
Ons glo dat God ons nie net wil vergewe nie – Hy wil ons verander om al hoe meer soos Jesus te word. Deur die werk van die Heilige Gees word gelowiges geroep tot ’n lewe van volkome toewyding aan God, waar liefde vir God en liefde vir mense die middelpunt van ons lewe word. Heiligmaking is beide ’n beslissende werk van God se genade en ’n voortdurende reis waarin ons groei in geloof, liefde en Christelike karakter.
11. Die Kerk
Ons glo dat die Kerk die liggaam van Christus is en bestaan uit almal wat deur geloof aan Jesus behoort. Die Kerk bestaan om God te aanbid, Sy Woord te verkondig, dissipels te maak, mense lief te hê en deel te neem aan God se werk in die wêreld.
12. Die Doop
Ons glo dat die doop van gelowiges ’n sakrament is wat deur Jesus ingestel is. Dit getuig van God se genade en van ons geloof in Jesus Christus en ons verbondenheid aan Sy liggaam, die Kerk.
13. Die Nagmaal
Ons glo dat die Nagmaal deur Jesus ingestel is en ons herinner aan Sy lewe, lyding, dood, opstanding en die hoop op Sy wederkoms. Dit is ’n besondere geleentheid van genade waarin ons deur geloof ons verhouding met Christus en met mekaar vier.
14. Goddelike Genesing
Ons glo in die Bybelse waarheid dat God genees en moedig gelowiges aan om met geloof vir siekes te bid. Ons erken ook dat God deur mediese kennis, dokters en ander vorme van behandeling genesing kan bring.
15. Die Wederkoms van Christus
Ons glo dat Jesus Christus weer sal kom in heerlikheid en krag en dat God Sy koninkryk volkome sal vestig. Ons leef daarom met hoop en verwagting, wetende dat God uiteindelik alles nuut sal maak en dat lyding, onreg en dood nie die laaste woord het nie.
16. Opstanding, Oordeel en Ewige Bestemming
Ons glo in die opstanding van die dooies en dat elke mens uiteindelik voor God sal verskyn. Ons glo in God se finale oordeel en in die belofte van ewige lewe saam met God vir dié wat deur geloof aan Jesus Christus behoort.
