EKKO Jeugbediening
EKKO is die plek vir tieners om te behoort, vriende te maak, geloof te ontdek en saam te groei. Hier skep ons ’n veilige en energieke ruimte waar tieners hulself kan wees, vrae kan vra en Jesus kan leer ken.
EKKO Vrydagaande: Elke Vrydag van 18:00–20:30 kom ons bymekaar in die Jeuglokaal vir ’n aand vol fun, fellowship, aanbidding en geloof.
NEXTGEN (Gr. 7-12) Sondagoggende tydens ons oggenddiens: In hierdie omgewing kom jou tiener saam met ander tieners op die ouditorium gallery bymekaar om saam te sing, waarna hul dan na die EKKO-lokaal beweeg vir `n praktiese boodskap en kleingroeptyd waar hulle kan groei en verdiep in hul geloof saam hul geestelike vriende.
Tieners hoef nie net kerk toe te kom nie — hulle kry ’n plek om te behoort. Kom soos jy is. Bring jou vriende. Jy behoort hier.
Koningskinders
Koningskinders is ons bediening vir kinders waar elke kind welkom is, geliefd voel en die geleentheid kry om God op ’n praktiese en prettige manier te leer ken.
Elke Sondagoggend kom ons bymekaar vir ’n tyd van Bybelstories, aanbidding, kreatiewe aktiwiteite, speletjies en vriendskappe. Ons wil kinders help om van jongs af te ontdek wie God is, wie hulle in Hom is en hoe hulle hul geloof elke dag kan uitleef. Ons glo kinders is nie net die kerk van môre nie — hulle is deel van die kerk vandag. Daarom skep ons ’n veilige, energieke en geloofgevulde omgewing waar hulle kan groei, vrae kan vra, pret kan hê en leer om Jesus te volg.
Elke kind is ’n Koningskind!
By Koningskinders wil ons hê elke kind moet weet: Jy is geliefd. Jy behoort.
Jy het ’n plek. Jy is ’n Koningskind.
Elke Sondag | 09:00–10:15
Ons het drie ouderdomsgroepe wat spesiaal ingerig is om kinders op hulle eie vlak te ontmoet en hulle te help groei.
Kleuterkliek (3-5 jariges)Jou peuters kry die geleentheid om te speel, liedjies te sing en na `n Bybelstorie te luister. Ons wil hê dat elke kind moet weet dat God hulle gemaak het, vir hulle lief is en dat Jesus vir altyd hulle vriend wil wees.Geen vooraf registrasie is nodig nie. Kom net check jou kinders in wanneer julle arriveer.
Ontdekkers (Gr.R-Gr.3)Hierdie omgewing help jou kinders groei in hulle geloof asook om goeie en gesonde vriendskappe met ander kinders hulle ouderdom te bou. Elke Sondag bestaan uit speletjies, lekker musiek, relevante lesse, groepsaktiwiteite en kleingroep tyd.Geen vooraf registrasie is nodig nie. Kom net check jou kinders in wanneer julle arriveer.
Legends (Gr.4-Gr.6)In hierdie omgewing is ons plan om jou kind te help om n geloof van hule eie te ontwikkel. Ons begin met pret, aanbidding, lering in n groot groep en dan breek hulle op vir bespekings in hul kleingroepe.Geen vooraf registrasie is nodig nie. Kom net check jou kinders in wanneer julle arriveer.








