TUIS|ALGEMENE VRAE

ALGEMENE VRAE

Ja. Twee tot EEN is spesifiek ontwerp vir paartjies wat verloof is en hulle doelbewus vir die huwelik wil voorberei.

Nee. Julle hoef nie lidmate van Agapé Gemeente te wees nie, en ons sal dit graag wil hê dat julle deel word van ons Agapé-familie.

Met TWEE tot EEN wil ons graag die hele pad saam met julle stap — van voorbereiding tot by julle troudag. Daarom word die program aangebied aan paartjies wat deur een van Agapé Gemeente se leraars in die huwelik bevestig sal word.

Kontak ons gerus. Afhangend van die beskikbaarheid van ons mentorpare, sal ons probeer om julle so gou moontlik met die regte mentorpaar te verbind.

Indien julle troudatum baie naby is, kan ons saam met julle kyk na die beste moontlike volgende stap.

Ons mentorpare is ervare getroude paartjies wat opgelei en toegerus is om saam met julle hierdie pad te stap. Hulle het ’n groeiende verhouding met God en deel praktiese wysheid en ervaring vanuit hulle eie huwelik.

Hulle is nie daar omdat hulle ’n perfekte huwelik het nie, maar omdat hulle glo in die waarde daarvan om ander paartjies te help om ’n sterk en gesonde huwelik te bou.

Ons kyk na verskeie faktore om julle so goed moontlik met ’n mentorpaar te pas. Dit sluit onder andere beskikbaarheid, lewensfase, ligging en relevante lewenservaring in.

Waar moontlik probeer ons julle verbind met ’n paartjie wat julle unieke situasie verstaan en goed saam met julle die pad kan stap.

Dit word tussen julle en julle mentorpaar gereël. Sessies kan by die mentorpaar se huis of op ’n ander geskikte plek plaasvind, afhangend van wat vir almal die beste werk.

Die Twee tot EEN-proses volg ’n gestruktureerde program wat fokus op belangrike boustene van ’n sterk en gesonde huwelik.

Julle sal onder andere gesels oor kommunikasie, konflikhantering, finansies, intimiteit, familie, verwagtinge en julle toekoms saam.

Die doel is om eerlike gesprekke te skep en julle praktiese hulpmiddels te gee wat julle lank ná julle troudag kan gebruik.

Voorhuwelikse begeleiding
R800 per paartjie
R1 000 vir hersaamgestelde gesinne
Sluit die TWEE tot EEN Huweliksboek, temperamenttoets en liefdestale-assessering in.

Huweliksbevestiging deur Agapé Gemeente
Lidmate: R1 500
Nie-lidmate: R2 500

Brandstof en tolhekke word addisioneel gehef volgens toepaslike AA-tariewe en tolkoste.

Die program bestaan uit agt mentorsessies. Elke sessie duur gewoonlik tussen een en twee uur, afhangend van die gesprek en julle behoeftes.

Julle is steeds welkom om met ons kontak te maak. Omdat elke paartjie se storie anders lyk, wil ons graag eers julle situasie verstaan en saam bepaal wat die beste voorbereiding en ondersteuning vir julle volgende seisoen sal wees.

Ons doel is nie bloot om julle gereed te kry vir julle troudag nie — ons wil julle help bou aan die huwelik wat daarna kom.