Ons Missie
Gebaseer op Matteus 28:19:“Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.”“Om mense te inspireer om Ware Noord vir hulle lewens te ontdek en uit te leef.”Ons missie is om mense te help om Jesus te leer ken, Hom te volg en hulle geloof prakties uit te leef — in hulle huise, verhoudings, werkplekke en gemeenskap.Ons wil nie net mense inspireer om kerk toe te kom nie; ons wil hulle toerus om Jesus elke dag te volg en ander saam met hulle op dié reis te neem.
