Sondae Byeenkomste
Sondag Ervarings
Ons wil Sondag die beste dag van jou week maak!
Sondae by Agapé Gemeente is ontwerp om geloof prakties te maak op elke vlak.
Sondagbyeenkomste begin elke Sondag om 09:00 en is ontwerp vir almal. Ons hou daarvan om te sê “Kom soos jy is”— by Agapé is jy welkom, ongeag waar jy jouself tans in jou geestelike reis bevind.
Hier kan jy `n plek vind om te behoort, self nog voor jy seker is of jy glo wat ons glo. Of jy nuut is in die geloof, wonder oor geloof of al jare saam met Jesus stap, jy is welkom!
Ons Sondae dienste is gewoonlik tussen 80-90 minute en sluit ‘live’ musiek en praktiese lering in. Daar is ook gebaretaal tolkdienste beskibaar in die voorste ry van ons ouditorium tydens ons Sondag byeenkomste.
Al ons boodskappe word opgeneem en word op Maandae op ons sosiale-media platforms vrygestel.
Hier is wat jy van elke omgewing kan verwag:
Hoofdiens in die ouditorium:
☕ Gratis filter koffie
☕ Coffee the Bible koffiewinkel – kom geniet jou gunsteling koffie en snacks!
“Live” musiek, praktiese lering en spesiale oomblikke vir refleksie en geestelike verdieping.
Kom soos jy is. Bring jou mense. Daar is ’n plek vir jou.










