Ons wil Sondag die beste dag van jou week maak!
Sondae by Agapé Gemeente is ontwerp om geloof prakties te maak op elke vlak.
Sondagbyeenkomste begin elke Sondag om 09:00 en is ontwerp vir almal. Ons hou daarvan om te sê"Kom soos jy is”— by Agapé is jy welkom, ongeag waar jy jouself tans in jou geestelike reis bevind. Hier kan jy `n plek vind om te behoort, self nog voor jy seker is of jy glo wat ons glo. Of jy nuut is in die geloof, wonder oor geloof of al jare saam met Jesus stap, jy is welkom!
Kom soos jy is. Bring jou mense. Daar is ’n plek vir jou.
Ons Sondae dienste is gewoonlik tussen 80-90 minute en vind plaas in ons ouditorium en sluit ‘live’ musiek, praktiese lering en spesiale oomblikke vir refleskie in. Daar is ook gebaretaal tolkdienste beskibaar in die voorste ry van ons ouditorium tydens ons Sondag byeenkomste. Al ons boodskappe word opgeneem en word op Maandae op ons sosiale-media platforms vrygestel. Indien jy terwyl jy hier is enige vrae het of hulp benodig, maak gerus `n draai by KONNEKSIEPUNT (agter in die ouditorium) waar ons vriendelike Konneksiepunt-span, gereed staan om jou te help.
Kom geniet ook jou gunsteling koffie en snacks by ons Coffee the Bible koffiewinkel wat reeds vanaf 07:30 elke Sondagoggend oop is. Elke koppie koffie wat verkoop word, dra by tot Bybelvertaling.
Agapé is `n kerk vir die hele familie en daarom het ons Sondag-omgewings wat spesiaal vir jou kinders en tieners ontwerp is. Kyk gerus na die onderstaande info:
Kleuterkliek (3-5 jariges)
Jou peuters kry die geleentheid om te speel, liedjies te sing en na `n Bybelstorie te luister. Ons wil hê dat elke kind moet weet dat God hulle gemaak het, vir hulle lief is en dat Jesus vir altyd hulle vriend wil wees.Geen vooraf registrasie is nodig nie. Kom net check jou kinders in wanneer julle arriveer.
Ontdekkers (Gr.R-Gr.3
Hierdie omgewing help jou kinders groei in hulle geloof asook om goeie en gesonde vriendskappe met ander kinders hulle ouderdom te bou. Elke Sondag bestaan uit speletjies, lekker musiek, relevante lesse, groepsaktiwiteite en kleingroep tyd.Geen vooraf registrasie is nodig nie. Kom net check jou kinders in wanneer julle arriveer.
Legends (Gr.4-Gr.6)
In hierdie omgewing is ons plan om jou kind te help om n geloof van hule eie te ontwikkel. Ons begin met pret, aanbidding, lering in n groot groep en dan breek hulle op vir bespekings in hul kleingroepe.Geen vooraf registrasie is nodig nie. Kom net check jou kinders in wanneer julle arriveer.
NEXTGEN (Gr. 7-12)
In hierdie omgewing kom jou tiener saam met ander tieners op die ouditorium gallery bymekaar om saam te sing, waarna hul dan na die EKKO-lokaal verdaag vir `n praktiese boodskap en kleingroeptyd waar hulle kan groei en verdiep in hul geloof saam hul geestelike vriende.Van die parkeerarea tot die voordeur tot regdeur die gebou is ons gasvryheidsspan daar om jou te begelei en enige vrae wat jy mag hê, te beantwoord.
