Kontak ons

Beplan jy jou eerste besoek by Agapé Gemeente en het jy nog ’n vraag? Ons help jou graag.

Kontak besonderhede

Adres:

Cuckoo Laan 99, Cashan, Rustenburg, 0299

Elke Sondag om 9:00

Kantoor ure:

Maandae – Vrydae,
8:00 – 17:00

Wat om te verwag by Agapé...

Coffee the Bible

Koffie wat meer as net koffie is. Op Sondag, 30 Augustus 2026, skop ons amptelik ons splinternuwe Coffee the Bible-koffieshop af tydens ons oggenddiens!Kom kuier saam, geniet die lekker atmosfeer en kry vir jou ’n heerlike cappuccino om jou Sondag mee te begin.

Ons het ook filterkoffie wat gratis beskikbaar is.Maar Coffee the Bible is oor meer as net ’n goeie koppie koffie.
Elke koppie koffie help om Bybelvertaling moontlik te maak. ’n Gedeelte van die opbrengs van elke koppie gaan direk na die ondersteuning van Bybelvertaling, sodat meer mense die Woord van God in hul eie taal kan hoor en lees.Kom drink ’n koppie koffie. Kom kuier saam. En help ons om die Bybel verder te neem.

Coffee the Bible – koffie met ’n groter doel.

Konneksiepunt

Die plek waar alles bymekaarkom.

Nuut by Agapé? Wil jy weet wat die volgende stap is? Wil jy inskakel, deel word van ’n groep, meer uitvind oor bedieninge of net ’n paar vrae vra?

Gaan maak ’n draai by Konneksiepunt. Daar is ’n span wat gereed staan om jou te help, jou vrae te beantwoord en jou te wys wat jou volgende stap by Agapé kan wees.

Koningskinders

By Agapé glo ons dat kinders nie net die kerk van môre is nie — hulle is deel van die kerk vandag. Koningskinders is ons kinderbediening wat elke Sondagoggend tydens die 09:00-diens plaasvind. Dit is ’n veilige omgewing waar kinders meer van Jesus leer, vriendskappe bou en sommer baie pret het. Ons span van toegewyde leiers en vrywilligers help om ’n plek te skep waar elke kind gesien, geliefd en welkom voel.

Terwyl jy die oggenddiens bywoon, kan jou kinders hul eie betekenisvolle kerkervaring geniet — vol Bybelwaarhede, kreatiewe aktiwiteite, aanbidding en pret.

Nuut by Agapé? Jou kinders is baie welkom om sommer van julle eerste Sondag af deel te wees van Koningskinders.

EKKO Jeug

By Agapé wil ons hê tieners moet ’n plek hê waar hulle kan behoort, vrae kan vra, vriendskappe kan bou en groei in hul verhouding met Jesus.

NEXTGEN (EKKO) is ons Sondagoggend-omgewing spesiaal vir tieners. Terwyl die oggenddiens aan die gang is, kom hulle saam in die jeuglokaal vir ’n tyd wat relevant, energiek en op hulle leefwêreld gerig is. Hier ontmoet hulle ander tieners, gesels oor geloof en die lewe, en ontdek op ’n praktiese manier wat dit beteken om Jesus in hul alledaagse wêreld te volg.

Jou tiener is welkom om van die eerste Sondag af sommer saam te kom kuier en deel te word van NEXTGEN.


Konnek met ons!

As jy enige vrae het, kan jy ons gerus kontak. Vul asseblief die vorm hieronder in.