TUIS|Next Steps

Next Steps

Discover

DISCOVER is ’n informele, verwelkomende geleentheid wat spesiaal geskep is vir mense wat nuut is by Agapé Gemeente, of wat graag die gemeente beter wil leer ken.

Tydens DISCOVER kry jy die geleentheid om meer te hoor oor wie ons as Agapé Gemeente is, waar ons vandaan kom, waarvoor ons staan en waarheen ons op pad is. Ons gesels oor ons geskiedenis, ons missie en visie, ons hart vir mense en die manier waarop ons probeer om ’n kerk te wees waar mense kan kom soos hulle is, Jesus ontdek, geestelik groei en uiteindelik ’n verskil in die wêreld maak.

Jy sal ook meer leer oor die verskillende bedienings en omgewings binne Agapé, ons fokus op die volgende generasie, ons betrokkenheid in die gemeenskap en die geleenthede wat beskikbaar is om verder betrokke te raak.

DISCOVER gaan egter nie net daaroor dat jy ons leer ken nie — ons wil ook jou leer ken. Daar is tyd vir gesprek, vrae en om ander mense te ontmoet wat ook hul pad by Agapé begin of verder wil ontdek.

Teen die einde van DISCOVER behoort jy ’n beter begrip te hê van wat Agapé se hartklop is, hoe die gemeente funksioneer en watter volgende stap vir jou moontlik die beste kan wees — of dit nou is om Beginpunt by te woon, deel van ’n groep te word, op ’n span te dien of eenvoudig verder saam met ons jou geloofsreis te ontdek.

DISCOVER is dus jou eerste kykie agter die skerms van Agapé Gemeente — ’n plek om te ontdek, vrae te vra, mense te ontmoet en te begin uitvind waar jy kan inskakel.

Beginpunt

Beginpunt is ’n 6-week in-diepte kursus vir mense wat Agapé Gemeente beter wil leer ken en graag die volgende stap wil neem om lidmaat van die gemeente te word.

Gedurende die ses weke ontdek jy meer oor wie ons as gemeente is, wat ons glo, ons missie en visie, ons waardes, hoe ons kerk funksioneer en waar jy kan inskakel.

Beginpunt gaan egter oor meer as net inligting. Dit is ’n geleentheid om vrae te vra, verhoudings te bou, jou plek binne die gemeente te ontdek en beter te verstaan hoe jy jou geloof prakties kan uitleef.

As jy voel Agapé is die plek waar jy graag geestelik wil groei, behoort en betrokke wil raak, is Beginpunt jou volgende stap.

Leer ons ken. Ontdek waar jy inpas. Word deel van die familie.

Raak deel van 'n bediening

By Agapé glo ons dat elke persoon uniek toegerus is om ’n verskil te maak. Daarom is bediening vir ons ’n belangrike deel van jou
geloofsreis en een van die NEXT STEPS om verder deel te raak van die lewe van ons gemeente.Wanneer jy by ’n bediening inskakel,
gaan dit oor meer as net om ’n taak te verrig — dit gaan oor om jou gawes te gebruik, verhoudings te bou, ander te dien en deel te
wees van iets groter as jouself. Daar is ’n plek vir jou.

Kliek op die skakel hieronder, kies ’n bediening waarby jy graag betrokke wil raak en neem jou volgende stap.