TUIS|Ons Gemeenskaps-betrokkenheid

Ons Gemeenskaps-betrokkenheid

Care Centre

Ons Care Centre is ’n plek waar mense ondersteuning, omgee en ’n luisterende oor kan vind. Ons glo dat niemand deur moeilike seisoene alleen hoef te stap nie.Of jy deur ’n uitdagende tyd gaan, iemand nodig het om mee te praat, of net ’n bietjie ondersteuning en bemoediging nodig het — ons is hier vir jou.Ons wil ’n veilige ruimte skep waar mense gesien, gehoor en versorg voel, met die liefde van Jesus as ons vertrekpunt.

Jy hoef dit nie alleen te doen nie.

Ons stap saam met jou.Kliek op die skakels hieronder om na ons Facebook-bladsye te gaan en op hoogte te bly van alles wat by ons gebeur.

Kinderfees

Kinderfees is ’n gratis fees vir kinders vol pret, avontuur en Jesus!

Elke jaar, in die laaste week van die Julie-skoolvakansie, kom ons van Maandag tot Vrydag bymekaar by Laerskool Vastrap, van 06:30 tot 13:00.

Dit is ’n week vol fun, karakters, aktiwiteite, speletjies, nuwe vriende en natuurlik Jesus! ❤️

En die beste deel? Dit is heeltemal gratis!

Ons skep ’n veilige, vrolike plek waar kinders kan speel, ontdek, groei en leer dat hulle kosbaar en geliefd is deur Jesus.

Kinderfees — ’n gratis fees waar kinders kan pret hê, vriende maak en Jesus beleef!

Jeugfees

Jeugfees is ’n gratis fees vir tieners vol geloof, fun en onvergeetlike oomblikke! 

Aan die einde van die Julie-skoolvakansie, van Maandag tot Donderdag, kom ons bymekaar van 18:30–21:00 vir vier aande wat jy nie wil misloop nie.

Verwag kragtige Praise & Worship, bekende sprekers wat ’n invloed maak en ’n groot verskil in Suid-Afrika maak, MC’s, fun, vriende en natuurlik baie geleenthede om saam te groei in jou geloof.

En ja — dit is heeltemal gratis! 

Jeugfees — waar geloof, vriendskap en fun bymekaarkom. Bring jou vriende en kom beleef dit saam met ons!

Veldwinkel

Veldwinkel is ’n dag waar ons as kerk uitgaan na ons dorp om liefde prakties uit te leef. 

Elke jaar gedurende November kom ons op ’n Saterdag by Dawid Brink bymekaar vir ’n groot uitreik waar ’n vrywilligerspan van meer as 100 mense saam dien.

Ons bedien minderbevoorregte mense in ons gemeenskap met kos, klere, omgee en gebed. Ons glo kerk is nie net iets wat binne die gebou gebeur nie — ons is die kerk wanneer ons uitgaan en ’n verskil maak.