EKKO Jeugbediening
EKKO is die plek vir tieners om te behoort, vriende te maak, geloof te ontdek en saam te groei. Hier skep ons ’n veilige en energieke ruimte waar tieners hulself kan wees, vrae kan vra en Jesus kan leer ken. EKKO VrydagaandeElke Vrydag van 18:00–20:30 kom ons bymekaar in die Jeuglokaal vir ’n aand vol fun, fellowship, aanbidding en geloof.
NEXTGEN SondagoggendeNEXTGEN gebeur elke Sondagoggend tydens ons 09:00-diens. Alle tieners begin saam met die gemeente in die ouditorium en beweeg daarna saam na die Jeuglokaal vir hulle eie tyd van verbinding, gesprek en geloofsgroei.
Tieners hoef nie net kerk toe te kom nie — hulle kry ’n plek om te behoort.Kom soos jy is. Bring jou vriende. Jy behoort hier.
Koningskinders
Koningskinders is ons bediening vir kinders waar elke kind welkom is, geliefd voel en die geleentheid kry om God op ’n praktiese en prettige manier te leer ken.
Elke Sondagoggend kom ons saam vir ’n tyd van Bybelstories, aanbidding, kreatiewe aktiwiteite, speletjies en vriendskappe. Ons wil kinders help om van jongs af te ontdek wie God is, wie hulle in Hom is en hoe hulle hul geloof elke dag kan uitleef.Ons glo kinders is nie net die kerk van môre nie — hulle is deel van die kerk vandag. Daarom skep ons ’n veilige, energieke en geloofsgevulde omgewing waar hulle kan groei, vrae kan vra, pret kan hê en leer om Jesus te volg.
👑 Elke kind is ’n Koningskind!
By Koningskinders wil ons hê elke kind moet weet:Jy is geliefd. Jy behoort.
Jy het ’n plek. Jy is ’n Koningskind.
📍Elke Sondag | 09:00–10:15
Ons sien uit daarna om jou kind by Koningskinders te verwelkom!







